Germania Superior

Germania Superior

Germania Superior ("Bo-Germanië") was 'n Romeinse provinsie, wat dele van die huidige Switserland, Frankryk en Suidwes-Duitsland beslaan het. Die provinsie is in die noorde begrens deur Germania Inferior, in die weste deur Gallia Belgica en Gallia Lugdunensis, in die suidweste deur Gallia Narbonensis en in die suidooste deur Raetia. Oos van die provinsie was die vrye Germanië geleë.

Die Romeinse stadhouer se setel was Mogontiacum, die huidige Mainz.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search